Elders, my 1 025 km te voet langs die Camino /Grundling, Erns

R150.00

In Mei 2015 reis Weg-joernalis Erns Grundling na Europa om die Camino Francés, die bekende en gewilde pelgrims-tog in Spanje, op sy eie te gaan stap. Hy is onvoorbereid, oorgewig, beseer en onfiks. Daarby is hy volledig ontnug-ter deur homself, die liefde en die lewe self. Hy klim ook op die vliegtuig met ‘n dringende Weg-artikel wat eers moét klaar voor hy met sy swaar rugsak in die pad mag val.
Elders vertel die verhaal van Erns se staptog van een dui-send vyf en twintig kilometer oor veertig dae, wat hy son-der ‘n selfoon, kamera of horlosie aangepak het. In ‘n tyd wat ons almal toenemend onder beleg voel weens die on-middellikheid van selfone en sosiale media, ontdek hy die ware betekenis en beloning van om in die oomblik te leef.
Hy raak meer as een keer verlief, loop sy doppelgänger raak, beleef ‘n reeks avonture en ontmoet kleurryke karak-ters, skud meer as tien kilogram af en kom tot waardevol-le nuwe insigte langs hierdie eeue oue roete van innerlike transformasie.
Hierdie is ‘n ongewone boek – ‘n reisverhaal en memoir wat behalwe vir ‘n fisieke avontuur ook ‘n deernisvolle blik bied op die ewe kosbare binnereis. Erns het juis gaan stap om weg te kom van skryf. Eers met sy terugkoms sou hy besef hy het ‘n storie om te vertel.

1 in stock

SKU: BIO.CVR.001/22/7/24 Category: Tags: , , ,

Description

Queillerie

Eerste uitgawe 2017

Sagteband, omslag toon klein vou en skaaf merkies, inhoud in puik netjiese toestand