Description
NG Kerkboekhandel
1980
Hardebandboek met stofomslag, mooi en netjiese toestand
R150.00
In die skadu van Mammon
Die oë! Die oë om hom heen, die oë vol ongeloof dat hy vrygespreek kon word…
Die onreg! Die verskriklike onreg hom aangedoen dat hy al hierdie dinge moes deurmaak en vir die res van sy lewe as ‘n moordenaar gebrandmerk sal wees en as sodanig in die gedagtes van mense sal bly, ‘n man met bloed aan sy hande, ‘n paria. Wat het hy gesondig dat God hom so moes straf? Hy het sy knie in daardie vervloekte sel byna deurgekruip snags en gebid om openbaring van wat hy dan gedoen het om so wreed gestraf te word, maar geen opheldering het van bo gekom nie. Hy’t in sy binneste geraas, baklei, geworstel en gepleit, maar tevergeefs en toe het verbittering sy deel geword en die spore daarvan lê uitgekeep in sy gesig
Toe kom Nora Swanson in sy lewe …
‘n Dagreis na Ontnugtering
Oom Freek tuur oor die vlaktes waaroor hittegolwe tril. Ingedagte sak sy hand grondwaarts en kom te ruste op die Bybel langs sy stoeltjie. “Iets is vinnig besig om uit hierdie geslag pad te gee, vrou. Hoor wat ek jou vertel.
En in die plek daarvan kruip iets onheiligs, iets duiwels, in. Wat, weet ek nie, maar ek voel dit …”
Algaande het Johannes die gevoel gekry dat iets onheiligs uit die droogte-geteisterde aarde opgekom en subtiel die gees van sy mense betrek en besmet het. Dis in die lug, dis in die saal, ‘n ysige gevoel van vrees, van iets wat hom, soos skynbaar vir die ander, wil bemeester. En dit, ontdek hy skielik, is’n gevoel wat al hoër in hom oplaai …
1 in stock
NG Kerkboekhandel
1980
Hardebandboek met stofomslag, mooi en netjiese toestand