Letterkundige Sakwoordeboek vir Afrikaans / Saamgestel deur Grové, AP

R75.00

Hierdie is nie ‘n gewone woordeboek waaraan ons gewoond is nie. Maar soos die titel letterkundige Sakwoordeboek sê; Die boekie het sy ontstaan te danke aan ‘n opdra wat die samesteller jare gelede ontvang het. Hy is gevra om die Afrikaanse letterkundige begrippe te behartig.  Kort daarna is besluit om die bestaande inskywings ivm die Afrikaanse letterkundige begrippe ook afsonderlik te laat verskyn. Met die oog hierop is die skrywer genader om die nodige aanpassings te maak. Hierdie opdrag het heelwat probleme meegebring, ook iets van ‘n nuwe instelling…

Omdat die omvang beperk moes bly, het die vraag hom nou dwingender as ooit laat geld: Moet daar min oor veel of veel oor min gegee word. ‘n Middeweg is gevolg, en die uitkoms is ‘n boek wat nie aanspraak maak op volledigheid of uitvoerbaarheid nie. Sommige figure het weggeval, maar die wins is dat daar nou ruimte beskikbaar gekom het om, veral in die geval van belangrike figure, ‘n vlugtige karateristiek te gee, iets te laat sien van die skrywer se bydrae en plek en die probleme wat sy werk omring.

Die keuse van figure het nie altyd voor die hand gelê nie. Aan skeppende kunstenaars – elkeen wat iets bygedra het, is natuurlik voorkeur gegee. Maar ook ander figure, soos taalkundiges en kritici is vermeld – almal wat, hoe sydelings dan ook, te make gehad het met die opkoms, groei, stryd en status van die Afrikaanse letterkunde. Daarom het tydskrifte en bewegings ook aandag ontvang. Kortom, die term “letterkunde” is taamlik breed opgevat.

1 in stock

SKU: WOO.HEL.558/2011; WOO.HEL.562/2011 Category:

Description

Nasou Beperk

Derde uitgawe eerste druk 1976

Lang dun boekie met ‘n skoolstempel voorin boek maar in mooi toestand