Marco Polo, as jy kan /Buckley, William F

R90.00

Marco Polo, as jy kan is ‘n behendige en geloofwaardige vermening van feite en fiksie. Dit is grotendeels gegrond op die gebeurde toe die Koue Oorlog tussen Amerika en Rusland in 1960 skielik vuurwarm geword het nadat die Amerikaanse vlieënier Francis Garpy Powers deur die Russe in sy U-2-spioenasievliegtuig oor hul grondgebied betrap en grond toe gedwing is. Nikita Chroesjtsjof het histeries teen pres. Eisenhower uitgebars, die spitsberaad in Parys is in wanorde uiteen en die Sowjet-Unie het Eisenhower se beoogde besoek aan Moskou “uitgestel”.  Kort daarna is U-s’s ook oor China en Kuba afgedwing.

Op sy dag was die U2 die voorste verkenningsvliegtuig in die wêreld. Dit is deur Lockheed ontwerp en in 1956 in diens geneem. Dit kon op ‘n rekordhoogte van 26 kilometer vlieg – buite bereik van alles waaroor die Russe destyds beskik het. Die vliegtuig kon meer as 6000 kilometer ononderbroke aflê teen ‘n togsnelheid van 850 km per uur. Hy was besonder lig en het, met sy yslike vlerke, in die lug die voorkoms van ‘n sweeftuig gehad.

1 in stock

SKU: GESK.BIK.101/8/20 Categories: ,

Description

Tafelberg Uitgewers

Afrikaanse uitgawe 1982

Hardeband met omslag in mooi toestand, op eerste en laaste binnebladsye is ‘n bruin koffievlek

Oorspronklike titel: Marco Polo, if you can – 1982

Uit Engels vertaal deur Paul Greyling

Stofomslag deur Gerhard Lust