Description
Uitgewers: Tafelberg Uitgewers
Derde druk 1965
Hardebandboek met gekleurde, boek is oorgetrek met kleefplastiek in nuwe toestand
Ander boeke van dieselfde skrywer: Die florentyn
R140.00
Hier is ‘n ware verhaal met al die romantiek en avontuur van ‘n volbloedroman. Marco Polo is in 1254 in Venesië gebore. Toe hy sewentien was, het hy saam met sy vader na Kataia vertrek, die destyds mistieke wêrelddeel wat ons vandag as China ken. In hierdie tyd het hy gebiede besoek en beskryf waarby Europeërs in sommige gevalle eers weer 600 jaar uitgekom het.
In Kataia het Polo vriende gemaak met die groot keiser Koeblai Khan,kleinseun van Djengis Khan, wie se Tartaarse leërs vroeër die hele Asië en ‘n groot deel van Europa verower het. Hy het ‘n beskawing gevind wat dié van Europa in baie opsigte primitief laat lyk het. Na meer as twintig jaar in die vreemde het hy ‘n Oosterse prinses by haar toekomstige eggenoot gaan besorg en uiteindelik na Venesië teruggekeer. Hier het baie van sy landgenote botweg geweier om sy vertellings oor die vreemde streke te glo. Eers in die negentiende eeu is sy noukeurigheid as reisbeskrywer bewys!
Hierdie boek, Marco Polo van Venesië is geen verwerking of vertaling van Polo se eie reisbeskrwying nie, maar ewe min is dit ‘n fantasieverhaal. Hoewel die ou gegewens in heeltemal nuwe vorm gegiet is, is altyd met die bekende feite rekening gehou. In hierdie boek verskyn Marco Polo as avonturier, maar ook as mens, as baanbreker en as denker. Die agtergrond is die kleurryke tapisserie van die middeleeuse wêreld.
1 in stock
Uitgewers: Tafelberg Uitgewers
Derde druk 1965
Hardebandboek met gekleurde, boek is oorgetrek met kleefplastiek in nuwe toestand
Ander boeke van dieselfde skrywer: Die florentyn