Margie van die seminary /Rust, Winnie

R120.00

In hierdie bundel vervleg Winnie Rust die verhale van ses vroue in ‘n delikate tapisserie van verbeelding en werklikheid. Daar is Margie, wat trou met ‘n studenteliefde so anders as sy, Elizabeth Rolland, ‘n sendelingvrou, wat voel dat haar huwelik ‘n fout is, en Emma Murray, wie se klavier die naelstring vorm met die beskaafde wêreld wat sy agterlaat. Abbie Ferguson en Celestine Schoch steek elk ‘n oseaan oor om ‘n droom te volg, en Louisa dra die lesse van die Seminary tot haar dood met haar saam. Deur al ses lewensverhale loop die goue draad van liefde en geluk, maar ook dié van opoffering en eensaamheid.

Winnie Rust kom uit’n skrywersfamilie. Haar vader, C.P. van der Merwe, ‘n jonger broer van Boerneef, was onder andere’n skrywer van taalhandboeke vir Afrikaans. Winnie het vroeër tydskrifverhale en bydraes vir vroue- en tienerdagboeke geskryf en daarna kortverhale in literêre tydskrifte gepubliseer. Die Literaprys vir debuutskrywers is twee keer aan haar toegeken
– vir die verhale Queen Elizabeth (1999) en Trek aan jou klere, Boeta (2001). Haar roman, Martha, ‘n Verhaal oor Martha Solomons, Countess of Stamford, was in 2005 op die kortlys vir die Jan Rabie/Rapportprys. Winnie woon nog haar hele lewe op Wellington. Sy en haar man, ‘n mediese dokter, het drie dogters en ‘n seun.

2 in stock

SKU: FIKSIE.GEK.004/9/19 ; FIKSIE.ELI.016/13/24 Category:

Description

Human & Rousseau

Eerste uitgawe 2011

Sagteband boek in puik, so goed soos nuut toestand

Bandontwerp deur Mike Cruywagen