Memorandum: ‘n verhaal met skilderye / Marlene van Niekerk en Adriaan van Zyl

R150.00

Adriaan van Zyl se reeks van 23 skilderye beeld die vervreemdende ervaring van hospitalisasie uit – ‘n  pasiënt se belewenisse vanaf wagkamer tot by siekesaal. Die kunstenaar het hierdie boek nie as ‘n kunsboek gesien nie – dis ‘n verhaal met prente het hy gesê, en versoek dat dit so aangebied moet word in die tegniese uitvoering van die boek.

Marlene van Niekerk se verhaal is ‘n vertelling deur JP Wiid, ‘n eensame vrygesel wat vlak voor sy aftrede gediagnoseer word met noodlottige kanker van die lewer. Op die vooraand van die geskeduleerde operasie begin hy ‘n memorandum skryf oor ‘n ervaring tydens sy eerste verbly in die hospitaal: hy het ‘n saal gedeel met twee mans, wat in n staat van postnarkose euforie, ‘n vreemde gesprek gevoer het, ‘n gesprek wat ‘n diepgaande invloed op Wiid se lewe sou hê.

Adriaan van Zyl was bekende vir sy sober en delikaat realistiese skilderye. Hy is in September 2006 oorlede na ‘n lang stryd met kanker.

Out of stock

SKU: BIO.ALG.20033/2014 Category:

Description

Uitgegee deur Human & Rousseau

2006

Hardeband met stofomslag – boek in splinternuwe toestand

R150