Description
Tafelberg Uitgewers
Eerste uitgawe 1981
Hardebandboek in nuwe toestand met mooi omslag, boek is netjies en lyk nog splinternuut
R150.00
In 1981 het Op die rug van die tier verskyn en dit sluit in ’n sekere sin aan by Kroniek van Perdepoort en kan gesien word as ’n soort antwoord daarop, volgens Frits Gaum (Die Kerkbode, 9 Junie 1982). “Die bose voer in Perdepoort enduit die heerskappy, terwyl Op die rug van die tier egter eindig met die oortuiging dat God steeds engele op ons pad stuur, al neem hulle in ons koddige tyd soms koddige gestaltes aan. Hierdie werk is die beskrywing en ontginning van die geestelike reis van ’n volkome, gewone man, Wynand Vercuyl. Louw wil die karakter as volledige mens uitbeeld, nie net vroom, nie net boos nie, en sy doen dit met ’n sonderlinge seggingskrag en wrange humorsin. Vercuyl is laat-middeljarig, onindrukwekkend, deur sy werkgewer in die pad gesteek, besig om sy lewensverslag te skryf. (…) Vercuyl misluk as eggenoot, as vader, as beroepsman. Hy dink na oor sy armsalige lewensloop en word daarin van die wal in die sloot gehelp deur sy sewe ‘skedelgenote’, skeppings van sy gees: Grapjas, Jongeling, Vrek, Agie, Slimmerd, Verbeelder … name wat selfverklarend is. Vercuyl soek na godsdienstige diepgang en strewe na heiligmaking, maar kom onderweg by die vreemdste plekke en gelowe uit. (…) Die roman het ongetwyfeld groot verdienste. Dit het diepgang, openbaar op ’n ontstellende wyse die bestaanstryd van Jan Elkeman, laat ’n mens jouself onverwags in Wynand Vercuyl-in-die-put herken. Dit is ’n veelduidige, dikwels aangrypende werk. Anna M Louw herbevestig met hierdie werk dat sy een van Afrikaans se groot romansiers is.” (https://www.litnet.co.za/anna-m-louw-1913-2003/)
Out of stock
Tafelberg Uitgewers
Eerste uitgawe 1981
Hardebandboek in nuwe toestand met mooi omslag, boek is netjies en lyk nog splinternuut