Description
Uitgegee deur die skrywer self
Sagteband in nuwe toestand
Mei 2017
R160.00
Die rou-pad is ’n eie pad. Dis ’n lang pad, soms lewenslank, byna soos ’n eie Camino. Maar al is dit ’n alleenpad, is daar tog baie ander pelgrims op dieselfde pad – by wie jy wenke kan kry.
Rou Vrugte is ’n ongewone reisgids van die pad wat ’n mens teen wil en dank moet loop na die dood van ’n geliefde. Dis die eerlike vertellings van ’n jong ma wat na die dood van haar man met twee klein kindertjies agterbly en deur ’n eie dagboek sin maak van die pyn van die rouproses.
Dit is nie ‘n boek van smarte nie. Gerda Whitehorn deel haar ervaring van dood en herstel, met humor en praktiese wenke vir die herstelpad. Haar ontdekking van die “Stasies van die Kruis” en die waarde van ’n eie lewensreisverhaal, kan mense wat dié pad loop, by hul eie verhale uitbring.
5 in stock
Uitgegee deur die skrywer self
Sagteband in nuwe toestand
Mei 2017