Shomer Yisra’el: Beskermer van Israel /Leroux-Van der Boon, Marzanne

R130.00

Dis die somer van 2006 in Jerusalem en die tweede Libanese oorlog breek uit.

Marc, Rivkah en hulle babaseuntjie word in die geweldadige gebeure rondom hulle vasgevang. As die oorlog in intensiteit toeneem, word dit duidelik dat Marc, gevoelige kunstenaar wat hy is, beslis opgeroep sal word. Hulle persoonlike krisis verdiep wanneer hulle besef dat Rivkah weer swanger is, terwyl sy brand om as paramedikus haar deel tot die land se verdediging by te dra. Iets wat Marc ten sterkste afkeur.

Terselfdertyd maak hulle kennis met Henok en Sarah Kambungu, twee Suid-Afrikaners wat hulle op hulle eerste besoek aan Israel midde-in ‘n oorlog bevind. Henok dra na byna dertig jaar nog swaar aan sy donker herinnerings van die Kassinga-slagting gedurende die grensoorlog in Namibië.

En terwyl die oorlog rondom hom woed, kom rabbi Chaim Cohen, Marc se skoonpa, voor die grootste uitdaging van sy lewe te staan….

Out of stock

SKU: GEE.BFL.002/11/21; GEE.NEL.031/5/23 Category:

Description

Uitgewer: Lux Verbi

Tweede druk in 2008

Sagtebandboek, in puik toestand.

Omslagontwerp deur Antiqua Design Studio