Description
Uitgewer: Tafelberg
Eerste sagtebanduitgawe 1987
Behalwe vir een enkele skoolstempel op eerste bladsy is boek soos nuut
Reeks: Chriskras nommer 3
R110.00
Daar is min dinge wat Chris Barnard nie kan beskryf nie, van die eet van ‘n nartjie tot die afskeid van ‘n ma. Hy maak in sy essays die gewoonste dinge buitengewoon, en wat ver is, bring hy nader sodat jy dit nuut kan sien.
In So onder deur die maan, ‘n derde versameling van sy Chriskrasse, is hy op sy beste. Hier het hy die ou bekendes: Oujan, die baasbeeswagter, wat bees tel soos niemand anders op aarde nie. Jan Baard, die beste buurman vir ‘n naweekboer, wat stry kry met sy geliefde Girlie oor ‘n ontydige uittog dorp toe. En Lukas, die beste plaashulp vir ‘n naweekboer, wat by die vuur sit en vertel hoe die drinkbrousel bamba ‘n man se binnegoed rinneweer en sy siel vertoiing. Daar is baie oor die hede, maar nog meer oor die verlede: rypkoue Junie-oggende as ‘n seun uit die warm kombuis skool toe moet gaan, Pa wat sy warm baadjie oor ‘n kind se skouers hang: die groot vuisslaan met ‘n maat wat op die verkeerde plek gelag het…
As ‘n mens eers een Chriskras gelees het, wil jy die res ook hê. Hierdie derde versameling sal, soos die voriges ‘n gunstelngboek word vir alle Chriskrassers, oud en nuut.
Out of stock
Uitgewer: Tafelberg
Eerste sagtebanduitgawe 1987
Behalwe vir een enkele skoolstempel op eerste bladsy is boek soos nuut
Reeks: Chriskras nommer 3