Swerfkind van die Matabele / Lyndall Loots

R220.00

Hierdie boek is die verhaal van Sara, die klein Voortrekkermeisie wat na bewering in 1836 deur die Matabele gevange geneem is tydens ‘n aanval op ‘n laer aan die wal van die Vaalrivier. Die boek begin met haar jong dae as Boerkind, die oorsake van die Groot Trek, die vertrek van die Celliers-geselskap en hul trek noorwaarts deur die Vrystaat

Die Voortrekker beweging, die Matabelevolk en die verrassende skakel in die ketting van hul geskiedenis. Swerfkind van die Matabele is die verhaal van Sara, die klein Voortrekkermeisie wat na bewering in 1836 deur die Matabele gevange geneem is tydens ‘n aanval op ‘ n laer aan die wal van die Vaalrivier.

Die boek begin met haar jong dae as Boerkind, die oorsake van die Groot Trek, die vertrek van die Cillie-geselskap en hul trek noordwaarts deur die Vrystaat. Die tweede gedeelte handel oor die geskiedenis van die Matabelevolk en die opkoms van die Moselikatse.

Na die botsing aan die Vaalrivier en haar ontvoering, woon Sara onder die Matabele en na die boere-aanvalle in 1837 maak sy die vlug na Zimbabwe mee.

Op pad vind sy die vierjarige Lobengula en sorg sy vir die toekomstige koning van die stam. Na hulle ‘n tuiste in Zimbabwe gevind het, word sy en haar pleegkind verplig om weer eens te vlug, die keer van die toorn van die koning en sy hoofvrou en vind ‘n heenkome by die Makalanga hoëpiresters in die Matopos totdat Lobengula uiteindelike na sy stam terugkeer en Sara se taak dan afgehandel is.

 

 

 

1 in stock

SKU: GESK.SMA.013/9/1/23 Category: Tags: ,

Description

Uitgegee deur John Malherbe Edms Bpk.

1983

Hardeband met stofomslag, boek in nuwe en stewige toestand