Tussen twee vure / Pieter van Wyk

R250.00

In sy polisieloopbaan van 27 jaar is Sarel Francois Olivier van Dijck dikwels met dié vrae gekonfronteer: Wie is ek? Waar hoort ek? Wie is reg en wie verkeerd? Dit was in die doodsnikke van die ou politieke bedeling dat hy deel was van ’n werkomgewing waar hy die spanning in die land die ergste kon voel, ’n tyd toe die oorlog op die Grens na stede en dorpe verskuif het. Hier is die eens onskuldige seuntjie van die Karoo gekonfronteer met die komplekse Suid-Afrikaanse samelewing, een waarin die woord “verbode” dekades lank sy lewe gerig het – een waarin hy as dienaar van reg en geregtigheid soms selfs uit sy eie gemeenskap verstoot is. Nou, ná soveel jare, wonder hy: Verstaan ons mekaar nie maar net al eeue lank verkeerd nie?

1 in stock (can be backordered)

SKU: BIO.TUR.008/7/23 Categories: ,

Description

Turksvy Publikasies

Eerste uitgawe eerste druk 2021

Sagteband boek splinternuut