Description
Uitgewer: Tafelberg
Datum: Eerste druk 1964
Toestand: Hardeband sonder stofomslag, verf effens verwyder aan bokant van voorblad waar plakker afgetrek is en vuil merke op buiteblad
Illustrasies: Katrine Harries
R75.00
Die gewilde Ure-reeks van Datei het oorspronklik in Sarie Marais verskyn. Ure met horings, ‘n Dag in die lewe van ‘n vrou, is reeds gebundel
Datei (Pieter Cornelius Johannes Jordaan) is op die Roggeveldsrante gebore en is op 3 Julie 1953 op 28-jarige leeftyd oorlede. In sy kort lewe het hy baie las van sy gesondheid gehad. Daar is persoonlike briewe waarin hy vertel van sy diepe eensaamheid, maar sy skryfwerk was die ene vrolike gebruis. In 1951 is sy eerste Huisgenoot-verhaal, Maak oop daardie deur, as die beste van die maand bekroon. Daarna het behalwe die Ure-reeks verskeie verhale van hom verskyn.
Ure met Horings:
“Die skrywer toon ‘n vermoë tot satire wat seldsaam is in die Afrikaanse literatuur… by uitstek n boek om saans te lees as die hele gesin ‘n rukkie bymekaar is.” – Audrey Blignault in Die Huisgenoot.
Datei sorg daarvoor dat die beskrywing amper soos ‘n speurverhaal of riller lees.
Out of stock
Uitgewer: Tafelberg
Datum: Eerste druk 1964
Toestand: Hardeband sonder stofomslag, verf effens verwyder aan bokant van voorblad waar plakker afgetrek is en vuil merke op buiteblad
Illustrasies: Katrine Harries