Description
Tafelberg Uitgewers
Eerste uitgawe 1978
Hardeband met die mooiste stofomslag, boek is nog in puik toestand
Stofomslag en illustrasies: Pippa Gower
Skaars boek
R150.00
Jakkie kom uit die nat Kaap om by Ouma-Lin op Soebatsfontein tussen die renosterbosse en akkedisse en sybokke gesond te word. Onder die perpe bome staan ‘n wit huisie en daar woon Solilê, die plaasopsigter, en Wannelas.
Wannelas is skatryk. Met sy ag sybokke – Tiekie en Tinkie, Doempie en Dooi, Meidjie en Makkie, Vettie en Vlooi, wil hy vir hom ‘n ma koop.
Maar as Solilê een aand van die donkiekar afval en in die hospitaal beland en Wannelas uitvind dat sy juffrou klaar ‘n ma is, is die wêreld nie meer ‘n lekker plek vir hom nie.
As hy ‘n ma het, sal hy vir haar elke week vis vang, en hy sal vir haar ‘n groentetuin met ertjies en boontjies en wortels en aartappels en uie maak. Net nie kool nie. Maar daar is nie baie ma’s in Soebatsfontein se kontrei nie.
Dan vind Wannelas uit dat Jakkie reg was: ‘n mens kan ‘n ma kry sonder om haar te koop. Met Wannelas het Hester Heese weer ‘n wêreld geskep waarin elke kind hom pens en pootjies kan inleef…
1 in stock
Tafelberg Uitgewers
Eerste uitgawe 1978
Hardeband met die mooiste stofomslag, boek is nog in puik toestand
Stofomslag en illustrasies: Pippa Gower
Skaars boek