Wonderdaad… ! / Die PUK tot 1951: Wording, vestiging en selfstandigheid / P.F. van der Schyff

R250.00

‘n Vernugtige stuk werk, is hierdie boek verseker… Die PUK tot 1951: Wording, vestiging en selfstandigheid.

Hierdie boek word opgedra aan die nagedagtenis van professor FERDINAND POSTMA, van wie oor en oor getuig is “dat die geskiedenis van die PUK ook die geskiedenis van Ferdinand Postma is”, sy invloed en impak loop inderdaad soos ‘n goue draad deur die verhaal wat in hierdie boek vertel word, vanaf sy intrede as student in 1896 tot en met sy dood in November 1950, op die vooraand van selfstandigwording op 17 Maart 1951.

Saam met grootvader Dirk, ooms Petrus en Stephanus, pa Marthinus en borer Dirk as medegrondleggers en bouers het die Postmas inderdaad hul stempel onuitwisbaar op die geskiedenis van die PUK afgedruk.

“Van Ferdinand Postma is dan ook die leuse: In U lig sien ons die lig!”

Out of stock

SKU: GESK.ANA.001/7/2/20 Category:

Description

Uitgegee deur die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys

Eerste uitgawe, eerste druk 2003

Dik hardebandboek met mooi gekleurde voorblad en boek is nooit gebruik nie

Heelwat swart en wit foto’s uit die geskiedenis gepubliseer in hierdie boek