Die kanonne /Fourie, Pierre J

R100.00

‘n Verhaal van die kavaliers. Tydens die Anglo-Boereoorlog speel ‘n sonderlinge gebeurtenis hom af. In die hartjie van die vyand se vesting neem ‘n groep Boere aan ‘n Britse militêre vertoning deel.

So ‘n waaghalsige toertjie kan net die werk wees van die Kavaliers – daardie onverskrokke en beweeglike groep ruiters onder aanvoering van hul vernuftige leier, Chris Botha, wie se legendariese heldedade en ridderlike optrede hul roem reeds ver buite die landsgrense bekend gemaak het.

Hierdie toertjie is egter meer as net ‘n skadelose grappie. Dis ‘n poging op ‘n Britse maneuver in die wiele te ry en sodoende die verloop van die oorlog te verander.

Out of stock

SKU: FIKSIE.DON.012/11/19 Category:

Description

Nasionale Boekhandel

Tweede druk 1969

Hardeband met mooi gekleurde voorblad

Bandontwerp Helmut Starcke