Description
Oorspronklike teks deur die SA Akademie vir Wetenskap en kuns
Protea Boekhuis
Eerste uitgawe, eerste druk 2017
Sagteband nuut aangekoop
Omslagontwerp: Hanli Deysel
R260.00
Johann de Lange 60: ’n Huldiging vereer die enigste digter van die sogenaamde Tagtigers wat met die Hertzogprys bekroon is. Dit bevat bydraes deur tien vooraanstaande Afrikaanse skrywers, akademici en letterkundiges, onder wie Daniel Hugo, Erika Terblanche, Antjie Krog, Joan Hambidge en Bernard Odendaal.
Johann de Lange is ’n meesterlike skrywer wat met sy digkuns daarin slaag om verhelderend te skryf oor gay-seksualiteit en ’n nuwe wêreld deur sy natuurgedigte te open. Hy is ’n veelkantige woordkunstenaar wat ook in ander genres sy vaardigheid en vakmanskap toon. De Lange het twee kortverhaalbundels en ’n dagboek op sy kerfstok en is ook bekend as bloemleser, redakteur, kritikus en vertaler.
Johann de Lange 60: ’n Huldiging is die vyfde boek in die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se huldigingsreeks van Hertzogpryswenners. Hiermee word hulde gebring aan die literêre kunstenaars wat oor dekades Afrikaans en Afrikaanse letterkunde met hul werk verryk het.
Out of stock
Oorspronklike teks deur die SA Akademie vir Wetenskap en kuns
Protea Boekhuis
Eerste uitgawe, eerste druk 2017
Sagteband nuut aangekoop
Omslagontwerp: Hanli Deysel