Description
Quellerie
Sesde druk 2020
Sagtebandboekboek met effense verwee (gekrulde hoeke) op voorblad, inhoud skoon en netjies
R90.00
Hans steek die Rubicon oor deur Rudie van Rensburg is die komiese én lewensgetroue roman oor die bejaarde Hans van Kraaienburg. Hy is 90 jaar oud. Dit begin by wewenaar Hans se afskeid van sy huis. Sy kinders is oor verskillende vastelande en eilande versprei. Die driftige Carla se mense is in Vancouver, Ben en syne in Christchurch. Willem in Melbourne en Mara met geopereerde heup in Tokio. Hans is nogal wel ter tale. Hy vernoem mense en dinge ook dikwels na historiese gebeure. Carla en Ben wat ’n paar maal Hans se ontsnappingspogings uit die ouetehuis stopsit, noem hy die Goebbels-tweeling. Die veiligheidsmuur om die tehuis is die Berlynse Muur. Die Rubicon-gedagte van die boektitel sluit ook aan by sy geskiedeniskennis, hoewel ek wonder of so ’n onhumoristiese titel genoeg lesers sal aanlok.Hans steek die Rubicon oor deur Rudie van Rensburg is die komiese én lewensgetroue roman oor die bejaarde Hans van Kraaienburg. Hy is 90 jaar oud. Dit begin by wewenaar Hans se afskeid van sy huis. Sy kinders is oor verskillende vastelande en eilande versprei. Die driftige Carla se mense is in Vancouver, Ben en syne in Christchurch. Willem in Melbourne en Mara met geopereerde heup in Tokio. Hans is nogal wel ter tale. Hy vernoem mense en dinge ook dikwels na historiese gebeure. Carla en Ben wat ’n paar maal Hans se ontsnappingspogings uit die ouetehuis stopsit, noem hy die Goebbels-tweeling. Die veiligheidsmuur om die tehuis is die Berlynse Muur. Die Rubicon-gedagte van die boektitel sluit ook aan by sy geskiedeniskennis, hoewel ek wonder of so ’n onhumoristiese titel genoeg lesers sal aanlok.
1 in stock
Quellerie
Sesde druk 2020
Sagtebandboekboek met effense verwee (gekrulde hoeke) op voorblad, inhoud skoon en netjies