Die leliemoordenaar deur Lerina Erasmus

R200.00

Johannesburg, 1985. Twee boesemvriende, ondersoekende joernalis Braam Brink en weermagman Adam Williams ontmoet vir ontbyt by ’n plattelandse kafeetjie. Adam onthul sy rol as moordenaar vir die staat, maar voor Braam se artikel verskyn, word sy liggaam gevind. . .

Só begin Die leliemoordenaar, ’n verhaal wat afspeel in hedendaagse Johannesburg, maar wat begin gedurende die doodsnikke van die apartheidsregime tydens die tagtigerjare. Topspeurder Daniella Hector volg die spoor van ’n berugte reeksmoordenaar: hy slaan elke paar weke toe, en span sy web al hoe nouer. Wie was verantwoordelik vir die dood van Danny se pa, Braam?

Propvol warm intrige, spanning en onverwagse wendings.” –  Leon van Nierop

 

 

1 in stock

SKU: FIKSIE.NUUT.LER/15 Category:

Description

Human & Rousseau

Eerste uitgawe 2016

Boek in sagteband so goed as nuut

Lerina is getroud met Günter Schmikal; hulle het ’n seun, Stefan. Lerina woon in Johannesburg, waar sy haar nou pal toelê op haar skryfwerk. Die leliemoordenaar is haar eerste boek sedert Die Mannheim-sage. 

Foto: Vrouekeur – 19/12/2016

(http://www.vrouekeur.co.za/bekendes/skrywers/lerina-erasmus)