Noem my zol /Martin, Wille

R120.00

Sy naam is Zol en hy ken die lewe – veral sy skadukant. Hy weet van dagga en fietskettinggevegte en van ‘n pa wat nie omgee nie.

In die nywerheidsskool, waar rangorde bepaal word deur die vreeslose ondermyning van gesag, ondervind hy geen probleme om hom te handhaaf nie. Hy gee self die toon aan in die bitter onderskeid wat daar gemaak word tussen die ‘ons’ en die ‘hulle’ van die gemeenskap waar seuns as gevolg van botsings met ie gereg uitgeplaas word.

Zol is egter nie net in ‘n stryd gewikkel met sy omgewing nie, maar ook met homself, as gevolg van die volghoue bemoeienis van Pen Harmse, sy Afrikaans-onderwyser – self ook seun van die agterbuurtes, wat weet dat dit eintlik maar genade is wat die ‘ons’ en die ‘hulle’ bepaal.

Noem my Zol is ‘n meesleurende jeugverhaal van ‘n seun se verbete stryd om die belangrikste ding in sy lewe te verdedig … en te behou. Die verhaal van Zol is onteenseglik die bekende skryfster, Wille Martin, se sterkste jeugverhaal tot dusver en om ooglopende redes in 1984 bekroon met ‘n prys in die De Jager Haum jeugverhaalwedstryd.

1 in stock

SKU: JEUG.ALG.005/22/5/25 Category:

Description

HAUM

Eerste uitgawe, eerste druk 1985

Hardebandboek in puik netjiese toestand

Omslagontwerp: Marié Vermeulen