Description
Daan Retief Uitgewers
1983
Hardeband met mooi stofomslag, stempel van vorige boekwinkel op binneblad en naam van vorige eienaar, boek in puik toestand
R80.00
Die groepie Trekkers staan op die plato van die Drakensberg en kyk na die land daar ver onder hulle, groen en vreemd en lokkend – Natalia, hul nuwe tuiste.
Isabel, die Engelse Setlaarmeisie wat deel geword het van die Trek, begin die gevaarlike tog berg af met ‘n beswaarde gemoed. Hoe kan sy deel in al die opwinding as Mias, die man aan wie sy haar hart gegee het, allerweë beskou word as die aanstaande bruidegom van Liesie, die welgestelde Rosemas se enigste dogter?
Argeloos vertrek Piet Retief en sy manne om met koning Dingaan te gaan onderhandel… En dan breek daardie nag van verskrikking aan oor die Trekkers daar aan die voet van die berg, nie net met die koms van die Zoeloes nie, maar vir Mias en Isabel ook in die web van intrige waarin hul vasgevang word…
2 in stock
Daan Retief Uitgewers
1983
Hardeband met mooi stofomslag, stempel van vorige boekwinkel op binneblad en naam van vorige eienaar, boek in puik toestand