Description
Vivlia Uitgewers
1ste uitgawe 1ste druk 2006
Sagteband soos nuut
Illustrasies: Esbie Grabie
R80.00
Wat gaan aan op Klipbaai? Sommer die eerste dag van hulle vakansie waarsku oom Lorrie hulle dat alles nie pluis is by die vreesdame baaitjie nie. Twee vissersbote het helder oordag in kalm water gesink, mense het die paddamanne gesien wat vreemd optree, en is daar glo ‘n reuse-seekat wat bote in die dieptes intrek. Is die pers selfoon-agtige affêre wat Ilse opgetel het, net ‘n onskuldige selfoon? As dit is, wat maak die swart gedaantes dan in die nag in haar tent?
‘n Duik-uitstappie van die wrak van die Catharina prikkel die viertal se nuuskierigheid. Tydens ‘n tweede besoek aan die wrak, begin die poppe dans en word hulle deel van ‘n onderwater-avontuur wat selfs hul stoutste verwagtings oortref.
‘n Lekkelees avontuur vir tieners.
2 in stock
Vivlia Uitgewers
1ste uitgawe 1ste druk 2006
Sagteband soos nuut
Illustrasies: Esbie Grabie