Sale!

Onwaarskynlike engele / Rachelle Greeff

R55.00

Met Onwaarskynlike engele word die tema van die vrou in haar daaglikse taak en vasgevang in haar eie liggaamlikheid voortgesit, maar speel die bewustheid van die siek gemeenskap waarin sy leef ’n groter rol. In hierdie gemeenskap lewe die mense in ’n ruwe wêreld, ver verwyder van die glans en utopie wat deur die media as ideaal voorgehou word. ’n Deurlopende tema is kos en die eet daarvan, wat ten nouste vervleg word met die verhaal-inhoud, op beide fisiese en sielkundige vlak. Verder word die kontras tussen die onskuldige kinderwêreld en die werklikheid van geweld en verval in die grootmenswêreld wat hulle moet betree, in etlike verhale vanuit die perspektief van ’n verwagtende moeder belig.

1 in stock

SKU: FIKSIE.GER.005/23/12/21; FIKSIE.KIN.B.006/12/22 Category:

Description

Tafelberg

Eerste uitgawe 1993

Sagtebandboek, twee klein skaafmerke en geringe skade op die voorblad en geringe waterskade en skimmelvlekkies op eerste binneblad en rimpeling van vog blaaie sit nerens vas nie.

Bandillustrasie: Jakob en die engel in gemengde media deur die bekende illustreerder, Diek Grobler

Foto van Rachelle Greeff: Karina Turok