Na die Maluti’s / Uys Krige

R180.00

Nadat Uys Krige lank in Europa rondgeswerf het, keer hy in 1935 na Suid-Afrika terug en in 1939 reis hy na Lesotho en die Malutiberge in die geselskap van drie skilders: sy broer Francois, Walter Battiss en Terence McCaw. Sy gesprekke met sy metgeselle en sy indrukke van die landskap, as’t ware sy ontdekking van ‘n deel van Suid-Afrika, publiseer hy in ‘n reeks artikels in Die Brandwag.  Hierdie is ‘n stuk reisverhaal soos wat net ‘n skrywer van formaat kan oordra en dokumenteer.

Die artikels is nie net kultuurhistories van belang nie, maar vorm ook stilisties en inhoudelik ‘n belangrike deel in Uys Krige se nalatenskap op prosagebied. Die 29-jarige Krige skryf met geesdrif oor die Suid-Afrikaanse wêreld en uit hulle gesprekke (oor die kunste, politiek, filosofie die natuur) leer mens die begaafde togmaats op ‘n besondere manier ken.

 

1 in stock

SKU: BIO.IRE.001/10/16 Category:

Description

Human & Rousseau

Eerste uitgawe 1990

Sagteband in mooi toestand, blaaie effens vergeel, geringe voumerk op voorblad se punt

Skildery op omslag deur Terence McCaw