Sorry Sam /Deist, Ferdinand

R120.00

“As dit ‘n ander tyd of ‘n ander land was, sou Sam en Laura nét soos ons gewees het. Maar hulle het  in Schauderville tussen die bruinmense gebly en ons in Framesby tussen die wittes.

Tog, skryf Deist, wat dit beskik dat hy en Samuel Abrahams, ‘n bruin gereformeerde teoloog, bevriend sou raak. Sy kontak met Sam sou hom leers wat dit beteken om mens te wees, geskape na die beeld van God.

Mettertyd het die besef deurgedring dat Suid-Afrikaanse wette (wat selfs deur die Kerk goedgepraat is)  die grootste deel van die bevolking nie as beelddraers van God erken het nie. Deur Sam moes die skrywer kennis neem van die pyn, vernedering en ontmensliking wat die ou Suid-Afrika vir miljoene mense ingehou het.

1 in stock

SKU: FIKSIE.CDON.005/1/24 Category:

Description

JL van Schaik

Eerste uitgawe 1993

Sagtebandboek met mooi skets voorop

Bandontwerp: Douw van Heerden