Die agterhuis: Dagboekbriewe 12 Junie 1942 – 1 Augustus 1944 / Anna Frank

R150.00

Die agterhuis, oftewel die dagboek van Anne Frank, is een van die mees gelese boeke in die wêreld.

Op 12 Junie 1942, haar dertiende verjaardag, kry Anne ’n geruite dagboek met ’n slotjie present – ’n geskenk wat sy self uitgesoek het en wat met verloop van tyd ’n sentrale rol as klankbord en vertroueling in haar lewe begin vervul. Wanneer die vervolging van Jode ook in Nederland te erg raak, soek die Frank-gesin saam met ander ’n Joodse gesin skuiling in kamers agter die kantore van die onderneming waar Otto Frank gewerk het. In haar dagboek skryf Anne wat die gesin ervaar, lewer sy kommentaar oor die dikwels gespanne verhoudings tussen die lede van die twee gesinne in die beknopte omstandighede en doen sy ook verslag oor die gewaarwordinge en gevoelens van ’n jong meisie in uiters moeilike omstandighede. Die dagboekinskrywings word in Augustus 1944 gestaak toe die “onderduikers” aan die Nazi’s verraai is en almal na Duitse konsentrasiekampe gestuur is. Otto Frank het die konsentrasiekamp oorleef, Anne se dagboek weer opgespoor en dit laat publiseer. Sedertdien is dit uit Nederlands in vele tale vertaal. Lina Spies is met die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se prys vir vertaalde werk bekroon vir haar uitmuntende omskakeling van die Nederlandse bronteks na suiwer, sprankelende Afrikaans.

Out of stock

SKU: BIO.OTR.007/6/20 Categories: ,

Description

Uitgewer: Protea Boekhuis

Datum: Eerste uitgawe, eerste druk 2008

Toestand: Sagteband in netjiese toestand, hoekie onder bietjie gekrul en eerste paar bladsye het effens gevou, naam van vorige eienaar voorin boek geskryf

Vertaling: Uit die Oorspronklike Nederlands vertaal en ingelei deur Lina Spies