Aarbeie sal laat wees dié somer / Morkel van Tonder

R75.00

“Agter my bly ‘n vrou. Voor my wat die Noordpool. En saam met die Noordpool kom die oorwinningsmusiek, kom die roem en die onsterflikheid…”

Georg de Long, ‘n luitenant-kommandeur van die VSA-vloot, en 32 bemanningslede seil in 1879 om eerste op die Noordpool te wees, op die dak van die aarde. Wanneer hul stoomskip egter in pakys vergaan, word’ n triomftog ‘n oorlewingstryd op ‘n bevrore oseaan.

Aarbeie sal laat weet dié somer is ‘n pakkende roman deur ‘n meesterverteller. Die wêreld van sneeu en ys leef voor die leser soos in g’n ander boek in Afrikaans nie.

“Aarbeie sal laat wees dié somer is gegrond op die ware verhaal van die Amerikaanse seekaptein George Washington Delong se geslaagde poging in 1879 om die Noordpool te bereik en sy tragies mislukte terugkeer. Dit is veral ’n verhaal oor die enkeling se stryd teen die grootse en vyandige natuur.  Hierdie boek word in 1993 genomineer vir die Rapportprys en is in hierdie jaar op Afrikaans Stereo oor die radio voorgelees.

Out of stock

Description

Human & Rousseau

Eerste uitgawe 1992

Sagteband met blaaie effens vergeel, twee bruin kolle op p. 43 en 44. Naam van vorige eienaar met koki doodgetrek op eerste skoon bladsy

Bandontwerp Hannes Meiring