Die koningsbok /Van Tonder, Morkel

R75.00

“Die koningsbok” is ’n jagverhaal en vertel die stryd van ’n man om sy vermoë en krag aan homself te bewys.

‘n Man is ‘n man slegs wanneer hy bewyse kan toon van sy dapperheid, van sy vermoë om iets te verrig. Van hierdie gedagte kon Hendrik Trichardt nie wegkom nie toe hy saam met sy vriend op ‘n jagtog gaan.

Elke jagter sal nou wel sê dat dit nie in eerste instansie om die doodskoot gaan nie. Wat van belang is, is die ure in die veld, die aande om die kampvuur, die luister na die naggeluide. Maar vir Hendrik was hierdie jagtog ‘n besondere uitdaging. Hy moes aan homself bewys dat hy geloof het in sy eie vermoë. Hy kan nie elke dat met leë hande na die kamp terugkeer nie. Hierdie besef groei in hom tot ‘n desperate roekeloosheid. Dit dryf hom tot ‘n daad waardeur hy sy krag wou bewys, maar wat aan homself net sy eie swakheid blootlê. Dit maak van hom eintlik ‘n voortvlugtige. Dit maak van hom ‘n vreemdeling teenoor sy kinders. Hoe kan ‘n kind leer om te vergeef waar hy homself nie kan vergeef nie?

1 in stock

SKU: FIKSIE.WOR.006/2/22 Category:

Description

Tafelberg-Uitgewers

1967

Hardebandboek met stofomslag met efffense wit skaafmerke op die rante van die omslag, een stempel van vorige boekwinkel, kleeflintmerke op voor- en agterbladsy. Inhoud lyk en voel ongelees. Ek merk tog effense vogmerke in die middel van die boek. Geen vlekke slegs rimpels (Foto).