Description
Quellerie
Eerste uitgawe eerste druk 1995
Sagteband in skoon en stewige toestand, puntjies van voorblad effens gebuig. Vorige eienaar se boodskappie voorin en iets uitgetippex op binnebladsy
Tekeninge deur Bennie Kruger
R100.00
Die Van Rooyens trek wortel op en versit. Weg van ‘n gekoesterde bestaan in Stellenbosch, gestolp in intellek en orde, na die onseker oopte vavn ‘n plaas in Namibië.
Dis Piet se ideaal, dié terugkeer na sy hartland. Annalie moet teen wil en dank vrede maak soos wat sy sal kennis maak, met dié enige betowerende land. Voortaan sal hul lewe afgemeet word deur die silusse van son en maan, reën en droogte, van wisselende veepryse en draaiende seisoene.
Piet word ‘n vriend van dei voormense, die haas uitgestorwe Boesmans. Hy leer ken hulle in die jag, in die swymeldans om vure, in die byeenskraap van ‘n bestaan, in die wanhoop aan ‘n wêreld wat hulle agtergelaat het.
Agter ‘n eland is Piet van Rooyen se maand-tot-maand-optekening van een jaar in Namibië. Onregverdig soms, maar eerlik. Skrynend, maar snaaks. Hard, maar vertederend.
Out of stock
Quellerie
Eerste uitgawe eerste druk 1995
Sagteband in skoon en stewige toestand, puntjies van voorblad effens gebuig. Vorige eienaar se boodskappie voorin en iets uitgetippex op binnebladsy
Tekeninge deur Bennie Kruger