Description
Human & Rousseau
Eerste uitgawe 1975
Hardeband met stofomslag wat effense verweer toon, inhoud skoon en netjies
R80.00
As mense van Atlantis geweet het op watter dag hulle eiland onder die see sou wegsink, kon hulle almal betyds die gedoemde stuk aarde ontruim het. As die huisbaas geweet het in watter uur die diewe sou toeslaan, kon hy sy deure en vensters betyds gegrendel het. Maar dit is juis die ironie van die mens se lewe en geskiedenis van elke volk: dat hy nog die on-kennis in hom ronddra en so die slagoffer bly van begrip wat te laat kom. Dit is die tema van hierdie bundel. Albei die novelles moet beskou word as die mense-alleen se verdediging wat hy self probreer waarneem wanneer hy beskuldig staan voor die wereld. As wat hy op die ou einde sê voor hy die vonnis finaal aanvaar, is: “As ek toé geweet het, sou ek nie nou… Maar is dit ‘n geldige verontskuldiging?
“Atlantis! Atlantis!” bevat twee novelles. Die titelstuk ondersoek die geslagtelike ambivalensie van twee mans en ‘n vrou en speel af op ‘n eiland. Magriet verwag Kim se kind, maar sy hart lê by Robert. Kim moet nou besluit of hy die verantwoordelikheid vir die kind gaan aanvaar en sy eie seksualiteit so gaan onderdruk. Hierdie novelle verwerk hy ook tot ‘n drama, wat in 1982 deur die Transvaalse Raad vir Uitvoerende Kunste (TRUK) onder regie van Francois Swart opgevoer word. Die tweede novelle is “Hulle wat die soutkruid afpluk”, wat ‘n sterk spanningselement besit. Hierdie verhaal fokus op die vreemde dood van die verteller se dwelmverslaafde vriend.
1 in stock
Human & Rousseau
Eerste uitgawe 1975
Hardeband met stofomslag wat effense verweer toon, inhoud skoon en netjies