Nongquase en die bloedrooi son / J. Bruwer

R100.00

Dit is die verhaal van die dogter Nongqause van Xhosaland en die treurspel onder die AmaXhosa, ‘n bietjie meer as honderd jaar gelede. Die beeste in die land moes almal gedood word. Die krale moes leeg wees en die melksakke droog. Die graan in die skure moes die mense verniel. Moders moes die vure op die kookplekke blus. Vir die mense van Xhosa sou dara vryheid wees s die bloedrooi son aan die hemel hang…

Tevergeefs pleit Ngubo die raadslid teen die voorspellings: Die beeste is die voorouers, die linie, die volk. As die beeste sterf, dan sterf die voorouers, die linie, die volk… Die slagting en verwoesting wat gevolg het op  Nongqause se voorspellings het net honger en dood na haar volk gebring…

Maar die verhaal lig ook die sluier oor die AmaXhosa se wordingsgeskiedenis en die stryd en verdeling onder die verskillende huise. Dit dra ons deur die woelinge en botsings van twee herdersvolke op die oosgrens van Kaapland totdat die groot treurspel die AmaXhosa tref. Die boek sal vir baie lesers ‘n nuwe insig gee in die volk van Xhosa wat vandag die Transkei en Ciskei bewoon.

1 in stock

SKU: FIKSIE.TBT.313/5/23 Categories: , Tags: , , , , ,

Description

Uitgegee deur Voortrekkerpers Beperk

1962

Hardeband met mooi stofomslag,  boek waarskynlik nooit gelees nie.