Description
Uitgewer: Daan Retief
Datum: Tweede uitgawe 1987
Toestand: Hardeband met geen omslag gekleurde prent op voorblad boek stewig en skoon
Omslagontwerp: Wilna le Roux
R65.00
‘n Mens sal ver moet ry om ‘n mooier plaas as Mooifontein te kry, die trots en groot liefde van oom Karel, die erfplaas van die Krugers wat binnekort – dit is sy hartsbegeerte – sal oorgaan in die hande van sy seun Bennie.
As bennie tog net nie so dwarstrekkerig was nie – alewig by die spruitjie besig om kleigoed te maak. Oom Karel besluit dis tyd om hierdie seun van hom kort te vat…
Bennie is diep ongelukkig. Hoekom moet hy nou kwansuis boer as hy tog liewer kleibeeld wil maak en verder wil gaan leer? As sy mammie nog gelewe het, sou sy hom verstaan het? Gelukkig het hy darem vir Snoepie en sus Anna en ou Fieland – liewe, goeie ou Fieland.
En toe kom daardie verskriklike dag op Mooifontein waar pa en seun mekaar konfronteer en dinge so amper-amper ‘n tragiese wending neem…
1 in stock
Uitgewer: Daan Retief
Datum: Tweede uitgawe 1987
Toestand: Hardeband met geen omslag gekleurde prent op voorblad boek stewig en skoon
Omslagontwerp: Wilna le Roux