Description
Uitgewer: J.P. van der Walt
Datum: Tweede druk 1987
Toestand: Hardeband met stofomslag boek en op hoegte herstel en verstewig in mooi en skoon toestand, boek het skoolstempels in
Reeks: Bienki-Reeks
R65.00
Vakansie op Andersvlei by ouma Kotie is een van die lekkerste lekkertes wat Bienkie maar kan kan bedink. Want tussen haar en Makoetie, haar naam vir ouma Kotie uit haar kinderdae – is nog altyd ‘n besonderse band. Maar ouma Kotie is ‘n regte korrelkop en veral vir haar Davelbure van die buurplaas Donkerhoek het sy geen genade of geduld nie – nie na ou Jan Davel haar vir ‘n ander meisie gelos het in hulle jong dae nie. Dieselfde ouma Kotie is oorbeskermend-lief waar dit haar kleindogter aangaan – so lief dat sy nie sal skroom om ‘n windbuks uit te pluk en aan te lê of die waarheid so ‘n effense kinkel te gee om Bienkie teen ou Jan Davel se kleinseun Henk te beskerm nie…
Want Henk lyk vir Bienkie asof hy ‘n gawe maat kan wees – as hy net nie ‘n Davel was nie en as hy net nie soos Makoetie vertel, ook ‘n hoender, ‘n honde- en ‘n voëlmoordenaar was nie. Henk is dan die een wat haar uit doodsgevaar gered het, hy is die een met die blou oë en die breë skouers, die ou wat haar laat wens sy was so ‘n bietjie langer en haar neus het nie so gewip nie, en haar hare was nie so rooi nie en sy was nie net ‘n standerd- sessie nie…
Out of stock
Uitgewer: J.P. van der Walt
Datum: Tweede druk 1987
Toestand: Hardeband met stofomslag boek en op hoegte herstel en verstewig in mooi en skoon toestand, boek het skoolstempels in
Reeks: Bienki-Reeks