Description
Lapa Uitgewers
Tweede druk 2012
Sagteband, boek is in goeie toestand, maar voorbladpuntjies is effens gebuig, boek skoon en netjies binne
R170.00
Die verhale van twee vroue wat misdaadtonele skoonmaak.
‘n Buitengewone boek dié oor die vreemde loopbaan van twee buitengewone susters. Die skrywer berig onderhoudend aan die hand van vele vertellings hoe hulle hul daaglikse brood wat hulle Bloedgeld noem, verdien. Opvallend is die sobere skryfstyl. Nerens probeer die skrywer skok nie. Die besonderhede van die selfmoorde, plaasmoorde en gesinsmoorde is weersinwekkend genoeg.
Die susters doen hul skoonmaakwerk oral – selfs in ‘n bewegende trein, in ‘n nudistekamp, in ‘n visdam. Dikwels bid hulle voordat hulle begin opruim. Want hule het baie geloof nodig. En ‘n sin vir humore om hul senuwees aanmekaar te hou.
Die skrywer Ilze Salzwedel het ‘n uitdagende tema aangepak met hierdie boek. – So skryf Stoffel Cilliers –
Out of stock
Lapa Uitgewers
Tweede druk 2012
Sagteband, boek is in goeie toestand, maar voorbladpuntjies is effens gebuig, boek skoon en netjies binne