Briewe aan Alet /Schultz Denny, Gladys

R90.00

Briewe aan Alet voorsien in ‘n wesen-like behoefte. Waar daar ontwrigting ontstaan as gevolg van die uitwerking van die moderne sekskultus op jong en onervare mense, bring hierdie ge-skrifte leiding vir die moeder sowel as haar dogter. Met ‘n rype wysheid gebore uit jarelange omgang met jongmense, ondersoek mev. Shultz elke afsonderlike probleem. „Die tyd het ongetwyfeld aangebreek dat die ouer geslag hom sonder vrees en openhartig rekenskap moet gee oor die vraag wat jongmense eintlik omtrent die geslagsvraagstuk behoort te doen,” skryf mev. Shultz, „en voordat ek hierdie briewe begin skryf het, het ek baie moeite gedoen om uit te vind presies watter emosionele probleme jongmense ondervind en walter nit. werking dit op hulle geluk het.” Oor die Skryfster: Mev. Gladys Denny Shultz is ‘n moeder met ‘n gesin van haar eie. In Engeland en in Amerika het sy reeds bekendheid verwerf met haar insiggewende artikels oor kinder-opvoeding. Sy lê haar veral toe op die seksprobleme en aanpassingsmoei-likhede van die tienderjarige.
Briewe aan Alet het enkele jare gelede as vervolgreeks in Sarie Marais verskyn.

1 in stock

SKU: NIE-FIKSIE.005/17/3/25 Category:

Description

Nasionale Boekhandel Bpk

Derde druk 1963

Hardeband boek met stofomslag, omslag toon klein verweer merkies, inhoud skoon en netjies