Description
Kwela Boeke
Eerste uitgawe, eerste druk 2012
Sagtebandboek in mooi nuwe toestand
Omslagontwerp: Hanneke du Toit
Foto van skrywer: Lisa Skinner
R110.00
Daan Dreyer voel soos ‘n has-been. Sy vrou het hom gelos (“Ek het jou ontgroei, Daan”) en sy twee kinders rol hul oë vir sy musieksmaak en gee eenwoord-antwoorde op al sy vrae. By die werk gaan dit ook maar droewig – hy is na alles ‘n wit man van amper vyftig. Sy beste pel, Neels, se vrou gee vir hom ‘n blou geranium, om sy donker woonstelletjie mee op te kikker. Maar wat Daan betref, gaan dit veel meer as ‘n malvaplant vat om weer vrolikheid en vreugde in sy ou lewetjie te saai. ‘n Fantastiese roman oor ‘n man op die rand van ‘n nuwe lewe. Verfrissend eerlik en baie, baie snaaks.
1 in stock
Kwela Boeke
Eerste uitgawe, eerste druk 2012
Sagtebandboek in mooi nuwe toestand
Omslagontwerp: Hanneke du Toit
Foto van skrywer: Lisa Skinner