T’sats grootste van die groot jagters / Willem D. Kotzé

R110.00

T’sats is ‘n jagter soos die Kalahari nog nooit gesien het nie. Hy het as optelkind by ‘n boer langs die Nossobrivier grootgeword, maar op ‘n dag het die roepstem van die vertes te sterk geword. Op soek na sy eie mense het hy deur ‘n vuurdoop van honger en dors gevaar gegaan om ‘n groot jagter te word. Ook het hy die  Kalahari soos die palm van sy hand leer ken.

Noudat hy die leier van sy mense is, word langs die vure vertel van sy bomenslike vermoëns. Hy weet presies waar die vroue vir wortels en knolle moet gaan grawe, en waar die jagters die wildtroppe sal kry. Manalleen maak hy twee gevaarlike mensvreterleeus dood. Dit kan nie anaders wees nie, glo sy mense: die geeste beskerm hom en vertel hom alles…

Hierdie boek word voorafgegaan deur die outobiografiese boek Voetspore in die Kalahari asook T’sats van die Kalahari.

 

Out of stock

SKU: FIKSIE.CEC.009/12/23 Categories: , Tags: , ,

Description

Uitgegee deur Protea Boekhuis

2008

Sagtebandboek in nuwe toestand behalwe dat ‘n naam voorin die boek netjies uitgetippex is

Bandskildery: Cora Coetzee