Description
JL van Schaik
Eerste druk 1968
Hardeband met stofomslag in mooi toestand, sellotapemerke op binneblad
R90.00
Vir Antonia Visser, wat as gevolg van ‘n ongeluk blind word, is dit ‘n uitdaging om op skool te kan bly en te toon dat sy nieteenstaande haar “andersheid” tog ‘n normale en aktiewe lewe kan lei.
Dis ‘n stryd om hierdie probleem te oorwin, maar gelukkig is daar persone wat onwrikbaar glo dat blindheid geen tragedie is nie. Byvoorbeeld haar identiese tweelingsuster Bernadette, haar pa en jonger broertjie, haar klasonderwyseres, juffrou Heyermaan, en die eksentrieke oom Sebastiaan O’Dwyer wat hom geweldig in haar toestand interesseer.
Daar is ook Conrad Smit en dié se blinde stadsmaat Paul… en ook ander.
Maar Antonia kry ook te doen met houdings van versmorende simpatie en bejammering, verleentheid, agterdog, selfs die oortuiging dat ‘n blind haar intelligensie kwytgeraak het. Hoe sy, ondanks hierdie byna onoorkomlike struikelblooke tog haar selfrespek behou en meer selfvertroue kry om die hulp van haargeheue en haar oorblywende sintuie weer te leer “sien” is die mooi tema van hierdie boek.
Out of stock
JL van Schaik
Eerste druk 1968
Hardeband met stofomslag in mooi toestand, sellotapemerke op binneblad