Description
Nasionale Boekhandel Beperk
Eerste druk 1965
Rooi hardebandboek met 29 ekstra medewerkers wat bygedra het om hierdie boek saam te stel
Swart en wit fotos is ook hier en daar gebruik ter illustrasie van ‘n spesifieke persoon of gebied.
R100.00
Die stof in hierdie beknopte ensiklopedie wat uit slegs een boek bestaan, is geneem uit Nelson’s Encyclopaedia uitgegee deur H.L. Gie. Dit is egter nie moontlik om ‘n ensiklopedie wat vir een land opgestel is eenvoudig te vertaal en in ‘n ander land uit te gee nie. Wat in een land van belang is omdat dit eie goed is, sal in die ander land veel minder aandag kry of miskien nie eens vermerld word nie. Gevolglik moes veel van die oorspronklike stof heeltemal verwerk word, redaksioneel en met die hulp van deskundiges.
Daar is omtrent net soveel nuwe stof bygevoeg, hoofsaaklik in verband met Suid-Afrika, maar ook met betreeking tot die vastelandse stamlande van die Afrikaanse volk. Die Nederlandse geskiedenis en letterkunde en die taalkunde wat betrekking het op die Germaanse tale moes bv. van meet af opgestel word.
Die doel van so ‘n ensiklopedie ia om in die beperkte ruimte soveel inligting as moontlik te gee.
2 in stock
Nasionale Boekhandel Beperk
Eerste druk 1965
Rooi hardebandboek met 29 ekstra medewerkers wat bygedra het om hierdie boek saam te stel
Swart en wit fotos is ook hier en daar gebruik ter illustrasie van ‘n spesifieke persoon of gebied.