Die asemhalingstelsel : Hoe lewende wesens asemhaal / Silverstein

R120.00

As jy jou hand voor jou neus en mond hou, voel jy dat warm lug daarop geblaas word. Dit is die lug wat jy pas uit jou longe uitgeasem het. Tussenin asem jy weer in en vul jou longe met nuwe lug.

Wat gebeur met die lug wat ons adem? Wat is die verskil tussen die lug wat ons inasem en dié wat ons uitasem?

Die metode waarvolgens ons asemhaal, is ‘n deel van ‘n belangrike proses wat wetenskaplikes respirasie (asemhaling) noem. In hierdie leersame boek sal jy die boeiende verhaal lees van wat gebeur as jy asemhaal, sowel as feite oor die asemhalingstelsels van ander organismes soos visse, insekte en plante.

Out of stock

SKU: KIN. NIE-FIKSIE.LOU.001/8/20 Category:

Description

Deur Dr. Alvin Silverstein en Virginia B. Silverstein

HAUM

Eerste uitgawe 1969

Hardeband met netjiese stofomslag, boek lyk of dit nooit gebruik is nie, mooi en skoon binne

Illustrasies: George Bakacs

Oorspronklike titel: The Respiratory system

In Afrikaans vertaal deur E. Steyn