Die dinge van ‘n kind / Marita van der Vyver

R110.00

“Stick with me, baby. Ek kan nie belowe dat ek jou famous sal maak nie. Maar jy sal fun hê langs die pad…”

Met dié woorde lei die mooi rebelse Dalena van Vuuren haar nuwe vriendin, Mart Vermaak, ‘n wêreld in waaroor ordentlike tienermeisies net in die donker fluister. Vir Mart is dit die begin van ‘n inisiasieproses wat met opwinding maar ook met ontnugtering en pyn gepaard gaan. Deur die traumas van vroeë swangerskap, dwelms en selfmoord in haar vriendekring leer sy hoeveel guts dit kos om te lewe en te bly glo. Veral te midde van grootskaalse politieke leuens en die verminking, fisiek en geestelik, van jong mans in die grensoorlog.

Die dinge van ‘n kind, is ‘n onthutsend eerlike boek oor die begin van vrouwees, die verlies van onskuld op seksuele, politieke en morele vlak.

Out of stock

SKU: FIKSIE.RED.003/6/20 Category:

Description

Uitgewer:  Tafelberg

Datum: Tweede sagtebanduitgawe, eerste druk 2016 nuwe druk

Toestand: Sagteband in nuwe druk, nog mooi en skoon en so goed as nuut