Die eenspaaier

R95.00

Die seun-sonder-naam is al ‘n oesplukker vandat hy kan onthou. Sy karige loon oorhandig hy aan die ewe ellendige plukkersgesinne wat hom oplaai as hulle van die een oesland nadie ander ry. Hy lsaap meestal op die grond, sy klere is vodde, hy eet afvalkos. DIe toegeneentheid en liefde van ‘n gesien het hy nog nooit geken nie. As ‘n mens êrens wil kom, het hy lankal besluit, moet jy vir jouself sorg en jou nie aan ander steur nie.

Toe ontmoet hy vir Raidy, die dogtertjie van die plukkersgesin wat hom tydelik aanneem. Raidy met haar liefde vir alle eensame, verstote mense en diere. Met Raidy lyk dit of ‘n nuwe lewe vir die seun-sonder-naam kan begin. Maar Raidy sterf in ‘n ongeluk met ‘n plukmasjien, en nou is die seun moedeloser en eensamer as ooit tevore.

In hierdie toestand ontdek die skaaphond Jup hom een aan waar hy van honger en uitputting in die veld flou geword het. Jup bring sy nooi na die byna afgetakelde rondlopertjie en van toe af leef die seun saam met die skaapwagters van Montana. Ook dit is egter geen maklike lewe nie. Hoe die seun hom daarby aanpas en mettertyd die liefde en agting vind waarna hy onbewus so vurig smag, is die tema van hierdie sensitiewe en avontuurlike boek.

1 in stock

SKU: FIKSIE.SKO.0008/16 Category:

Description

Uitgewer: Human & Rousseau

Datum: Eerste Afrikaanse uitgawe 1967

Toestand: Hardeband sonder stofomslag, ou biblioteekboek met sakkie en stempels boek nog netjies

Vertaling: Uit Engels vertaal deur André P. Brink

Tekeninge: Christine Price

Oorspronklike titel: The Loner – 1963