Die eerste kersnag / Vertel deur Kallie Heese

R120.00

Die Kersverhaal word hier navertel uit die evangelie van Lukas deur prof. Kalie Heese ofte wel oom Kalie, soos wat hy aan oud en jonk bekend was.

Op sy kenmerkende opregte en innige manier as ‘n mens vir wie die eerste Kersnag ‘n werklikheid was, vertel oom Kalie van Josef en Maria se reis na Bethlehem, van die geboorte van die Jesus in die stal en van die die boodskap wat die skaapwagters die wêreld in gedra het sodrat dit ook tot ons kon kom.

Die illustrasies is die werk van die beroemde Switserse kunstenaar Celestino Piatti. Hulle vertel die verhaal op hul eie manier, met ‘n diepe warmte en vreugde.

Die verhaal en die illustrasies maak die eeue-oue geskiedneis weer nuut vir almal wat weer wil deel in die wonder van Kersfees.

Out of stock

SKU: KIN.KLO.109/4/21 Category:

Description

Anansi-Uitgewers

Hierdie uitgawe 1989

Hardeband met los stofmomslag in mooi en skoon toestand

Illustrasies deur Celestinon Piatti

Oorspronklike titel: Die Heilige Nacht – 1968