Die geel komplot / George Weideman

R90.00

Tara Tandmuis is `n meisiemuis met `n missie. Turbotjaart is haar bekkige voet-in-die-wind mannetjiesmuis-makker. En saam-saam is hulle die gedugte span wat Muisbosdorp se muise van algehele uitwissing moet red! Die Geel komplot is vol kinkels en verrassings met talle flambojante karakters soos Petite Gervaise wat haar pad deur `n Franse woordeboek gevreet het en nou Frans magtig is, die skrikaanjaende kat Dierasie en `n hele wemeling van tandmuise, kerkmuise, skeerbekmuise, rietmuise en – les bes – seerotte en hawerotte.
Die vernuftige storie is ideaal vir die tussenin-groep van 8-11 jaar. Vir jonger kinders, wat dalk nog nie self goed lees nie, is dit `n uitstekende voorleesboek met kieliesnaakse pensketse deur Alida Bothma.

Out of stock

SKU: KIN.DON.006/26/11/22 Category:

Description

Tafelberg

Eerste uitgawe eerste druk 2003

Sagteband boek se puntjies is effens gebuig verder nog mooi skoon en netjies

Ilustrasies: Alida Bothma