Die takkie wat nie wou knak nie (Mika Mier) deur Martelize Faber

R70.00

Mika, die mier, het ‘n probleem. Hy roep die hulp van ander dierevriende in, maar daar is ‘n waardevolle les wat hy moet leer…

Dié pragtige kartonboek is gemik op kinders tussen drie en vier jaar oud, maar is ook geskik vir kinders wat begin lees. Saam met Mika leer kinders maniere en kry hulle ook kans om ‘n paar diere-geluide te maak.

Die boek bestaan uit 8 blaaie met volkleursketse. Boek is van hoogstaande gehalte en baie bekostigbaar.

 

4 in stock

SKU: KIN.MAR.001-101/2020 Category: Tags: , , , , ,

Description

Oor die outeur:
Martelize Faber is baie lief vir kinders en lees en glo dit is belangrik dat elke kind in ‘n wêreld van stories groot word. Die takkie wat nie wou knak nie is haar eerste boek wat uitgegee is. Sy hou ook daarvan om te dig en is ‘n ma van een.

Oor die illustreerder:
Sanrie Steenkamp is ‘n talentvolle kunstenaar wat in haar vrye tyd skilder, naaldwerk en mosaïek doen en verjaardagkoeke vir kinders versier. Sanrie se kleurvolle en vrolike prentjies sorg dat jonk en oud die storie geniet.

Uitgewer: Sprokiesland Boeke
1ste uitg 2012