Die gevangene van Zenda / Anthony Hope (Libri-boek)

R110.00

Met hierdie boek het Anthony Hope sy bekendste werk gelewer. Hy skep daarin die denkbeeldige koninkryk van Ruritania, waarin ‘n jong Engelsman, Rudolf Rassendyll, op sonderlinge wyse en as gevolg van die sameloop van buitengewone omstandighede, as “Koning van Ruritania” gekroon word, terwyl die werklike koning deur sy broer Swart Michael, in die kasteel van Zenda gevange gehou word.

‘n Uiters spannende verhaal ontwikkel. Rassendyll en ‘n paar van die koning se beste vriende probeer om hom van sy gevangeneskap te bevry terwyl Swart Michael probeer om die Engelsman so spoedig moontlik uit die land of van die gras af te kry, sodat hy die wettige koning kan dood en self kan regeer. Terselfdertyd dring die onderdane van die koning aan op ‘n spoedige huwelik tussen hom en prinses Flavia. Dit vind Rudolf Rassendyll besonder moeilik omdat hy in werklikheid self opdie prinses verlief is, maar nie aan sy harstogte durf toegee nie, aangesien hy nie die koning is nie.

Sonder twyfel is Rassendyll se heldhaftige pogings om die koning te bevry een van die redes waarom Die gevangene van Zenda nog steeds, na al die jare sedert die eerste verskyninng, so ‘n gewilde verhaal gebly het…

1 in stock

SKU: FIKSIE.HAR.021/9/19; FIKSIE.JVW.010/2/18; FIKSIE.JAD.007/6/18 Category:

Description

Uitgewer: J.L. van Schaik

Datum: 1962

Toestand: Hardeband met stofomslag, boek in puik en netjiese toestand

Oorspronklike titel: The prisoner of Zenda

Vertaler: Jacques van Zyjl

Reeks: Nommer XXI in die Libri-reeks van klassieke jeuglektuur