Die koperboog / Speare, Elizabeth George

R120.00

Daniël bar Jamin verkeer reeds van sy twaalfde jaar af saam met ‘n bende uitgewekenes in die ruwe gebergtes van Galilea. As hy toevallig twee jong bergwandelaars teëkom, Joel en sy bekoorlike tweelingsuster Maltasia, ontdek hy dat Joël die Romeinse oorheersers met net soveel wrewel haat as hyself. Die dood van Daniël se ouma dwing hom terug na die dorpie, na sy sorgbehoewende susters Lea. Daar beoefen hy sy ambag as smid, in die plek van sy vriend Simon, wat weg is om Jesus te volg. Aangevuur deur ‘n brandende vaderlandsliefde, vor die jong seuns van Galilea ‘n aksiegroep met die koperboog van Psalm 8 as simbool. Deur Simon maak ook Daniel kennis met Jesus en onbewus begin daar in sy binneste ‘n stryd tussen sy haat , aangewakker deur die bendeleier Rosj en die liefde wat Jesus predik.

 

2 in stock

SKU: FIKSIE.VERT.LIN.(B).002/13/5/24; FIKSIE.VERT.BIK.021/8/20 Categories: ,

Description

HAUM

Eerste Afrikaanse uitgawe eerste druk 1970

Hardebandboek met mooi miroen omslag met effense skeure en skaafmerke op rante van die omslag

Prysuitdelingsplakker op eerste binneblad van boek

Boek is vertaal in Afrikaans deur Ria du Toit