Die kwêvoel Kommando: seuns wat manne was /Van Dyk, JH

R95.00

Die Tweede Vryheidsoorlog spoel soos ‘n vernietigende vloed oor die Transvaal en Vrystaat. Opstalle word afgebrand, plase vernietig, gesaaides verwoes, Vee word afgemaai of weggevoer, vroues en kinders soos diere gejag om na konsentrasiekampe weggevoer te word. Ook ander ellendes maak hul verskyning – aanvalle deur opgesweepte persone, verraad deur eie vlees en bloed…

Seuns wat nog te jonk is om by die kommando aan te sluit staan skielik voor die starre werklikheid van onverbiddelike magte wat hul volk wil vernietig. Hulle aanvaar ‘n taak wat ver bokant hul jare lê – om hulle moeders en susters uit die hande van die Kakies en sodoende uit die doodskampe te hou.

Out of stock

SKU: FIKSIE.DEN.2113/2012 Category:

Description

Uitgegee deur Oranjewerkers Promosies

1988

Omslag deur Oswald Gerber

Hardeband met gekleurde glansvoorblad in goeie toestand

Naam en dorp van vorige eienaar voorin geskryf

R95