Die lyfwag /Henderson, Dee

R90.00

‘n Keuse is gemaak.

Die president het die volgende regter gekies wat in die Hooggeregshof gaan dien. Sy keuse is kontroversieel, hoogs polities en op die punt om bekendgemaak te word. die situasie plaas groot druk op die sekuriteitsmaatreëls  van die US Marshals wat die regters moet beskerm.

‘n Federale regter word vermoor.

Een man besluit hy kan nie toelaat dat die regter wat die president gekies het, in die Hooggeregshof dien nie. Sy meedoënlose aanval is gewaagd en baie suksesvol. DIe regter is dood, maar die moordenaar het ‘n fout gemaak…

Daar is net een ooggetuie.

Share Hanford was op die verkeerde tyd op die verkeerde plek. Sy het die moordenaar gesien. Hy het haar gesien. En net een van hulle kan bly leef.

Net een man kan haar help.

US Marshal Marcus O’Malley het gedink hy weet watter risiko’s die opdrag inhou, maar hy was verkeerd. Hy het nooit verwag dat Shari sy hart sou oorrompel nie. Hy het nooit verwag dat hy aar geloof sy lewe sou verander nie. Hy beskerm die O’Malley-gesin al vir twee dekades. Nou beskerm hy ‘n voru wat deur die beste sluipmoordenaar in die wêreld bedreig word, – ‘n vrou vir wie se veiligheid hy enigiets sal waag.

1 in stock

SKU: GEE.KAN.003/11/29/23 Category:

Description

Uitgewer: CUM

Datum: Eerste uitgawe 2004

Toestand: Sagteband met gekleurde glansvoorblad boek in puik toestand

Oorspronklike titel: The guardian

Vertaal: Uit Engels vertaal deur Doretha Rost

Reeks: O’Malley-reeks nr. 2